Back to Clash of minds

    Francois du Plessis - Plaag 1 - Exodus (Deel 4)

    Clash of minds314 views39:035/30/2019

    Description

    Francois du Plessis het verlief geraak op argeologie toe hy die antieke Feniciese sarkofaag in 1966 in Libanon gesien het en sy passie vir Bybelse navorsing gaan vandag steeds voort. Hierdie was een van die grootste en mees lonende uitdagings wat die outeur ooit aanvaar het. Die eerste 12 lesings neem u tot by die tog deur die Rooi See. U gaan seldsame terreine besoek soos Avaris in Egipte, wat eens die hoofstad van die Hyksos was. Dit was ook die plek waar die Farao ‘n woning gehad het en waar Moses voor hom verskyn het. U sal Francois en sy dogter Lauretta by die terrein ontmoet terwyl u luister na die wonderlikste verlossingsverhaal in die geskiedenis. Ons sal aan u vertel hoe elkeen van die tien plae ‘n negatiewe uitwerking gehad het op sommige van hulle poli-teïstiese gode. Vername argeologiese bronne sal gebruik word om die Bybelse verhale te bevestig. Vergesel ons na die einste plek by die Rooi See, Ain el ain Sokhna and herleef hulle ondervinding waar hulle deur hierdie massa water getrek het. Francois sê: “Terwyl ek deur die onbewoonde woestyne gereis het, het ek God se liefde vir rebelle ervaar soos nooit tevore nie.”