Dr. Francois du Plessis - Josef - Bemoediging In Benoudheid 6
Description
Die stoute seuns van Lea, Bilha en Silpa gooi vir Josef in ‘n put by Dotan en wens hy wil kripeer en vrek. Gelukkig kom die handelaars op die antieke handelsroete daar verby. “Soek julle slawe,” skreeu hulle. “Ons het ‘n jongetjie van 17 jaar. Hy is tans op ‘n special.” 20 sikkels later is Josef op na Egipte sonder sy deftige snyerspak wat sy pa vir hom gemaak het. Die tannie van die oom wat hom op die vendusie gekoop het raak op hom verlief. Sy skinder van hom en hy beland in die staatsgevangenis van Avaris, die hoofstad van die Hieksos. Na 13 jaar gradueer hy met Magda Cum Laude as beste slaaf, beste tronkvoël en met die hoogste punte in die sielkunde van vergewensgesindheid. Met hiedie kwalifikasies op sy getuigskrif, word hy in die hoogste administratiewe pos in Egipte aangestel. En toe op ‘n dag maak sy haatlike broers hulle opwagting en hy sê vir sy moodenaars… Become a member and support us to keep producing free videos - https://www.youtube.com/channel/UC1oOoBASMrTyUBSltYcx0jA/join